Posts

Showing posts from February 24, 2013

Kooperasiestories

Image
Die geZoem van die bye. Eendag wanneer ek afgetree is en op my stoep sit, gaan ek n byeboer word.   Ek gaan laventel heuning maak en by die George boeremark vir my n stalletjie kry.   Saam met die Kona koffie, brood en die olyfjam wat daai mooi jong mannetjies van die Karoo verkoop.    Terwyl die band "As al die riviere vol brandewyn was" sing, en daai lang maer ou die tamboeryn so hier onder die potternjots uit skud. I mean, who can resist?????? Ons het amok gemaak in daai kooperasie.   Moes amper by die nappy afdeling n draai gaan maak! Die bokke se klokke, die koeie se loeie en die lammetjie klokketjies.   Ja, mens kan n hele boerdery hier koop. Maar varktande trek? Hier trek ek die streep! Hierdie wyn klink vir my baie lekkerder! Die bye is my getye!