Posts

Showing posts from April 3, 2014

vir Janie

Image
“Twee blommetjies vir Mamma  want sy kook my kos.  Nog twee blommetjies vir Mamma,  sy maak nare knope los.  Twee blommetjies vir Mamma  want sy sing vir my.  Nog twee blommetjies vir Mamma,  sy sit pleisters op ‘n sny.  Twee blommetjies vir Mamma  want sy luister as ek kla.  Al die blommetjies vir Mamma.  Sy is die mooiste, beste Ma”  -Alba Bouwer-  Hierdie blou blommetjies groei orals in die wereld, selfs hier in die woestyn in Riyadh.   Die eerste keer wat ek hulle gesien het, is toe die 4jarige Janie hulle in die veld in die Vrystaat vir my gepluk het.   En met uitgestrekte handjies hierdie gediggie aangehaal het.